| Modulekode | EIR 211 |
| Kwalifikasie | Voorgraads |
| Fakulteit | Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie |
| Module-inhoud | Oorgangsverskynsels in RC, RL en RLC stroombane: natuurlike respons en traprespons. Wisselstroom- (WS) stroombane: fasors, impedansies en drywing in WS-stroombane. Die toepassing van Ohm se wet, Kirchoff se stroomwet, matriksmetodes en Thevenin- en Norton-ekwivalente vir sinusvormige gestadigdetoestand-analises. Driefasestroombane: gebalanseerde driefasestroombane, ster-delta-konfigurasies en berekening van driefasedrywingsoordrag. Magnetiesgekoppelde stoombane: wedersydse induktansie, koppelfaktor, transformators, ideale transformators en outotransformators. Toepassing van stroombaanteorie op 'n induksiemotor: basiese beginsels van induksiemotors, ekwivalente stroombaan en analise daarvan, berekening van drywing en wringkrag deur die toepassing van Thevenin se wet. Sinoptiese inleiding tot ander tipes motors. |
| Modulekrediete | 16.00 |
| Programme | |
| Voorvereistes | EBN 111 of EBN 122 en WTW 161/164 |
| Kontaktyd | 1 praktiese sessie per week, 1 tutoriaal per week, 3 lesings per week |
| Onderrigtaal | Aparte klasse vir Engels en Afrikaans |
| Departement | Elektriese, Elektroniese en Rekenaaringenieurswese |
| Aanbiedingstydperk | Semester 1 |
Copyright © University of Pretoria 2025. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App